
=====================================================================
Nuwe woorde uit anderhalwe dekade (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nuwe woorde uit anderhalwe dekade

    Madaleine du Plessis vertel van die taak wat sy pas afgehandel het, en gee 'n voorsmaak van wat in Nuwe Woorde verskyn.   IN 1994, kort 
na die samestelling van die Tweetalige Aanleerderswoordeboek, het die hersiening van Bosman, Van der Merwe en Hiemstra se Tweetalige 
Woordeboek op my skouers kom rus. Die agtste uitgawe van di ontsagwekkende stuk werk (bewerk deur P.A. Joubert en J.J. Spies) was toe al 
sowat tien jaar oud. Ek het 'n groot ontnugtering gehad toe mnr. Joubert my daarop voorberei dat die proefleeswerk alleen my ses tot nege 
maande gaan kos (die boek beslaan oor die twee miljoen woorde). Nuwe Woorde" >

Ek het geen onduidelikheid oor my hoofprioriteite gehad nie: die uitkap van dooie hout sodat verouderde taal nie in die pad van die 
gebruiker staan nie, die modernisering van die skryfwyse aan die hand van die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelrels en 
die vernuwing van die inhoud. Maar om dit alles met een kollega en 'n bietjie buitehulp binne vier tot vyf jaar te doen, sou in een woord 
onmoontlik wees. Ek het toe gekies om my op vernuwing toe te spits en 'n, noem dit maar, aanvullingswoordeboek met die hulp van kollega 
Jana Luther saam te stel.

Ons het tien gesaghebbende Engelse woordeboeke gebruik om vas te stel watter terme en uitdrukkings ontbreek. Dit het baie gou geblyk dat 
dit nie net om nuwe nie maar ook heelwat ouer stof gaan. Ons het besluit om albei kategorie te verwerk.

In di tyd was ons ook besig met die opbou van 'n elektroniese taalbank van geskrewe hedendaagse Afrikaans. Dit sou saam met die 
elektroniese koerantargiewe van Naspers as ons verwysingsbron dien vir die opspoor van nommerpas-moderne vertalings. Die resultaat is 'n 
woordeboek met 'n baie lae persentasie woorde en uitdrukkings wat agter die lessenaar uitgedink is.

Toe ek na amper vier jaar se voortbeur van inskrywing tot inskrywing uiteindelik by Z kom, wou-wou die indrukke mekaar verdring. Dis eers 
by 'n stadige deurblaai en vluglees van die teks dat ek sterk bewus geword het van die mate waarin di woordeboek 'n soort kortbegrip is 
van die ontwikkelinge wat die afgelope anderhalwe dekade plaasgevind het. Die groepering hieronder vertel sy eie verhaal:
Vindingrykheid en tegnologie
 sel(tele)foon
antwoordtelefoon
kaart(tele)foon
bieper
roepradio
wekkerradio
kleinbeeldkamera
 skootrekenaar
mikrorekenaar
gasheerrekenaar
datasnelweg
Internet
speltoetser
e-pos teenoor slakkepos
telekonferensies
videokonferensies
Geld
 ecu
euro
stokvel of gooi-gooi
kitsbank
geldoutomaat
outoteller
betaalkaart
sakepark
 kompulsiewe koper
inkopieslaaf
skuldberader
kattebakverkoping
optreegeld
tjekboekjoernalistiek
 uitgestelde vergoeding
neonadvertensies
 korpokraat
korporatiewe burokrasie
batestroper
skeidingspakket
Wet op Diensbillikheid
roofwerwer of koppesneller (headhunter)
krytstaking (staking deur onderwysers)
huurboikot
Kos
 nouvelle cuisine (nuwe kookkuns)
geriefskos
gesondheidskos
kafeenvrye koffie
rakmelk
 balsemasyn
filodeeg
basmati(rys)
pita(brood)
pesto
crudits
moesaka
soewlaki (soort Griekse sosatie)
foe jo(e)ng
taramasalata
krinkelsnitskyfies
 kosslaaf
sjoko(ho)lis
kitsdieet
eetlusdemper
eetafwyking
anoreksielyer
Ontspanning en ontvlugting
 kameraopnemer
skyfkamera
bergfiets
ontwerperspeelgoed
 kabeltelevisie
satelliettelevisie
satellietskottel
inligtingsvermaak
dokudrama
TV-roelet (channel hopping)
animasie(rol)prent
kleianimasie
kultusfliek
fliekkompleks
laser(skyf)video
rekenaarspeletjie
hygroman of korsetknakker
 TV-slaaf of kassiekneg
fliekfoendie
 borrelgom([-pop]musiek)
folkrock
reggae
tromsintetiseerder
galm(toe)stel
 koepelstadion
speletjiesarkade
koop-en-rook (waar crack gekoop/verkoop word)
tuimeltrein (roller coaster)
waterwurm
glygeut
stoelmallemeule
rollemskaats
klim- of klouterraam (vir kinders)
 rek- of brugspring (bungee jumping)
kroegvliegklou (barfly jumping)
briekdans
gaan somme maak (straatjaertaal)
 trompie (daggasigaret)
koka (koka?en)
H (heroen)
die groot E (ecstacy)
Pronksug
 lyfroom
haarjel
aromaterapie
a?robiese oefeninge
borrelbad
oefenfiets
 anaplastiek (plastiese chirurgie)
mammoplastiek (kosmetiese operasie om die borste te vergroot/verklein)
haarinplanting
ontwerperstoppels
 macho(-man)
spierbol
prikkelprins
Seksualiteit
 erotika
gesellinklub
geslagsveranderingsoperasie
 bedjonker
kulkoekie (vrou wat 'n man stimuleer en dan omgang weier)
saamblyman of -vrou
fopdosser (transvestiet)
 rondslaap
los seks
oraal-genitale intiemheid
kohabiteer ([as man en vrou] saamleef)
 tweetalig
ambivalent of alkant selfkant (biseksueel); gay of kamp (verwyf[d]); uit die kas klim (ophou om jou homoseksualiteit weg te steek)
 effie of renjassie (kondoom)
Ideologie en passie
 glasnost (openheid)
perestroika (ekonomies-politiese heropbouing)
neonazi(?)sme
grondherverdeling
 magsarrogansie
megalomanie
magsbeheptheid
etniese uitwissing
moordbende
bomdreigement
agitpop (die gebruik van popmusiek vir politieke propaganda)
intifada (opstand)
amandla
halssnoermoord
toi-toi
burgerlike ongehoorsaamheid

bakteriologiese/biologiese/chemiese/elektroniese oorlogvoering
terreurewewig
grensgeskil
teeninsurgensie
amfibiese ruspe(r)voertuig
kruis(er)missiel
hittegeleide missiel
gevegsatelliet
motorbom
lemmetjiesdraad
 moetiemoord
verbyry-(skiet)aanval
Sosiale verskynsels
 bio-etiek
omgewingsbetottelde
 popkultuur
kontrakultuur
afhanklikheidskultuur
 vaderskap(s)verlof
dagmoeder
enkelouergesin
hondehotel
 trekvols (straatswerwers)
glansmense
gala-aanders
pretjagters
blinkvinke
kultuurindoenas
yuppie of jappie
klimvol
oorpresteerder
 limosiensosialis of -liberalis
soustrein of geldwa
politieke korrektheid
piesangrepubliek
fasiliteerder
feitesending
Vooroordeel en neerhalendheid
 vettisme (diskriminasie teen vet mense)
lekoppie teenoor dom Juan (aantreklike mens met min tussen die ore)
spaghettivreter (Italianer)
Die gevolge van sommige dade
 karosji (dood veroorsaak deur werkverwante uitputting)
 aardverwarming
kweekhuis- of broeikaseffek
verwoestyning
suurren
ekokatastrofe
 kokonbestaan
stoelpatat
sofapokkel
Siektes en sindrome
 vigs
Alzheimersiekte
yuppie- of jappiegriep
malbeessiekte

serviks- of Papsmeer
in vitro-bevrugting
epiduraal
surrogaatma
ultraklankskandering
hormoonvervangingsterapie
mikrochirurgie
 rekenaartomografie
tandevlos
mondhiginis
wonderpil
nabehoedpil
passiewe roker
nikotienplakker
 premenstruele spanning
tegnovrees
inligtingsvermoeidheidsindroom
 identiteitskrisis
analisant (iemand wat psigoanalise ondergaan)
aversieterapie
sjiatsoe (vingerdrukterapie)
Slang
 kief
koel
funky
bleeksiel
doffel
hysbakkies (ontrimpelingsoperasie)
opgewoema
opgedollie.     Madaleine du Plessis is hoofredakteur by Pharos Woordeboeke. Nuwe Woorde / New Words het pas by Pharos verskyn.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av638.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

